04/05/2026
MAY THE FOURTH, 2011
Tamatiestraat is vandag 15 jaar oud. Lank voor ek blootgestel is aan Star Wars (en 15 maande voor ons liefste seuntjie se geboorte!) het die 🌟align en op hierdie dag het TAMATIESTRAAT offisieel sy deure oopgemaak. Ek het die eerste kookklas aangebied vir 3 vriende, my sussie en my Ma. Not quite a booming start, maar só spesiaal!
Die realiteit is dat onsself so bietjie in Tamatiestraat was met ons drome vir 'n gesin en ek sommer iets wou doen wat vir my sou joy bring. And how much JOY did it bring! Behalwe vir die kookklasse wat vir 12 jaar volstoom geloop het, het die catering besigheid daaruit gegroei en met beide hierdie twee besigheids-bene ons vele wonderlike mense laat ontmoet. Ons "memory tanks" is propvol met oomblikke rondom ons toonbank en soveel ander tafels en plekke.
Vanaand klink ons 'n glasie op 15 jaar gelede se "small beginnings" wat ons op 'n onvergeetlike reis geneem het. As jy erens deel was van ons reis, neem asb 'n oomblik en deel iets wat jy onthou in die comments.
Reinée & Deon xx 🍅