19/10/2026
HOEKOM LENGTE?
Hoekom fokus ons al vir jare op wol-lengte wanneer ons ramme/ooie klas?
Die antwoord is eenvoudig:
Sonder om jou mikrons of stapeldikte te verhoog, skeer jy meer, fyner wol af.
Waneer jy elke 8 maande skeer, en jy kan beweeg van ń C-lengte na ń B-lengte, beteken dit met elke 5de skeersel wen jy ń volle skeersel!
Wanneer jy kan spring van ń B-lengte na ń A-lengte raak dit BETER. Elke 3de skeersel haal jy ń ekstra wol-oes af.
Vir Geduldsfontein Merino is wol-lengte belangrik, nie net oor lang wol mooi is nie, maar omdat dit ekonomies sin maak!
🐑🐑