Biltong Boys

Biltong Boys We sell a wide range of quality Biltong, Droëwors, Dried Fruit and other complimentary products.

23/06/2026

Vind Jaco Ka'laari in die Overberg!

Neem 'n foto saam met hom en die Silver Vos, tag Jaco Ka'laari en LekkeR Kampplekke , en staan 'n kans om 'n Maxi Stainless Steel Braai Rooster van Biltong Boys te wen!

🏆 Kompetisie sluit 8 Julie 2026.

Edward Thirion Liza Swart Simply Swellendam

Vadersdag is om die draai! Bederf Pa met 'n unieke geskenkboks wat spesiaal volgens sý smaak saamgestel word.Ons maak gr...
18/06/2026

Vadersdag is om die draai!

Bederf Pa met 'n unieke geskenkboks wat spesiaal volgens sý smaak saamgestel word.
Ons maak groot en klein Vadersdag-boksies op met die inhoud van jou keuse – van biltong, droëwors en lekkernye, speserye en nog baie meer.

Kies self wat ingaan
Geskik vir enige begroting
Persoonlik saamgestel vir jou Pa

Bestel vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Die koste van die boksie word bepaal deur die produkte wat jy kies om daarin te sit.

📞 Stuur vir ons 'n whatsapp en ons help jou om die perfekte Vadersdag-geskenk saam te stel. 0822848599

'n Groot dankie aan Hoek's Toyota Swellendam Namens die Biltong Boys  en Jaco Ka'laari  wil ons ons opregte waardering u...
17/06/2026

'n Groot dankie aan Hoek's Toyota Swellendam

Namens die Biltong Boys en Jaco Ka'laari wil ons ons opregte waardering uitspreek aan Hoeks Toyota vir hul ruim borgskap van 100 pakkies gemengde lekkers

Hierdie lekkernye het baie glimlagte op klein gesiggies geplaas en help om ons reis na die Kalahari net daardie bietjie meer spesiaal te kon maak.

Dankie dat julle saam met ons 'n verskil maak. Dit is deur besighede en mense met groot harte dat ons gemeenskappe kan ondersteun en hoop kan bring waar dit nodig is.

Baie dankie vir julle ondersteuning en betrokkenheid!

Warren T Hoek

N Eerste vir Askham in die land....Huidig die eerste en enigste winkel wat nog tot nou toe die bekende Jaco Ka'laari Gou...
16/06/2026

N Eerste vir Askham in die land....

Huidig die eerste en enigste winkel wat nog tot nou toe die bekende Jaco Ka'laari Goue Sous aanhou. Dis n nuwe sous wat ontwerp is wat jy kan gooi op enige iets, van slaai tot plankie steak.

Hulle het ook voorraad van Biltong Boys se Bitterrr lekker sous

Baie trots en Elodi Naude en haar span staan reg vir jou!!

Kalahari, ons kom!Ons pak weer die pad Kalahari toe, en saam met ons ry daar 'n beperkte hoeveelheid van Jaco Ka'laari i...
06/06/2026

Kalahari, ons kom!

Ons pak weer die pad Kalahari toe, en saam met ons ry daar 'n beperkte hoeveelheid van Jaco Ka'laari i se splinternuwe !NA Goue Sous – die sous wat klaar bitter lekker is en wat jy sommer op alles kan gooi!

Perfek op steak
Heerlik op slaaie
Onmisbaar by die braai
En ja... sommer op alles!

Ons is ook op soek na verkoopspunte wat graag voorraad van die !NA-reeks wil aanhou. As jy 'n winkel, padstal, slaghuis, restaurant of enige besigheid het en belangstel om die produk aan jou kliënte aan te bied, stuur gerus vir ons 'n boodskap.

Ons bring voorraad saam Kalahari toe. Stuur vandag nog 'n boodskap om jou bestelling of belangstelling te bevestig.

!NA Goue Sous ⭐ Ligter ⭐ Soeter ⭐ Klaar Bitter Lekker

Party mense het baie nodig, maar vra vir min..Op 13 Junie is Edward Thirion  van Biltong Boys en Jaco Ka'laari in die Ka...
04/06/2026

Party mense het baie nodig, maar vra vir min..

Op 13 Junie is Edward Thirion van Biltong Boys en Jaco Ka'laari in die Kalahari om hulp aan behoeftige gesinne te bied

As jy iets het wat jy kan deel – klere, skoene, komberse, nie-bederfbare kos of toiletware – help ons om hoop saam te vat.

Want omgee ken geen afstand nie.

Kontak Edward op whatsapp 0760563165

❤️

VANDAG IS JOU LAASTE KANS!Ons Silverside Kalahari Biltong Spesiaal eindig vandag om 15:00!Vir slegs R359 p/kg kry jy top...
30/05/2026

VANDAG IS JOU LAASTE KANS!

Ons Silverside Kalahari Biltong Spesiaal eindig vandag om 15:00!

Vir slegs R359 p/kg kry jy topgehalte biltong teen 'n prys wat nie elke dag opdaag nie.
As jy nog gewonder het, nou is die tyd. As jy gewag het, nou is die tyd. As jy reeds gekoop het... nou is dalk die tyd vir nog 'n sakkie!

📍 Biltong Boys – Wagenweg Boutique Market, Swellendam
⏰ Oop tot 15:00 vandag

Moenie môre spyt wees omdat jy vandag nie gestop het nie!

Ons maak weer so vir 2dae...Kom kry joune
29/05/2026

Ons maak weer so vir 2dae...

Kom kry joune

Biltong Boys se nuutste handgemaakte messe is amper gereed… en hulle lyk ongelooflik!Elke mes word met die hand gemaak —...
28/05/2026

Biltong Boys se nuutste handgemaakte messe is amper gereed… en hulle lyk ongelooflik!

Elke mes word met die hand gemaak — uniek, sterk en gemaak vir mense wat kwaliteit waardeer. Perfek vir biltong sny, braai, jag of sommer net vir die liefde van ’n goeie mes.

Binnekort beskikbaar by Biltong Boys!

Hou ons blad dop vir die finale produkte, pryse en beskikbaarheid.

Biltong Boys — ons verkoop nie net biltong nie… ons verkoop ’n experience.

Als begin by n opslaan van tafel, n produk en n smile!!Edward Thirion  was bevoorreg om hulle eerste klient te kon wees,...
26/05/2026

Als begin by n opslaan van tafel, n produk en n smile!!

Edward Thirion was bevoorreg om hulle eerste klient te kon wees, die smiles op die gesig is nie oor vertelbaar nie....

Die twee jong entrepreneurs staan vandag weer vanaf 15h00 op die hoek van Murraystraat en Voortrekstraat. Hulle verkoop stickers en vars lemonade.

Stop by hulle as jy kansie kry!! Baie oulik...

Laerskool Swellendam Swellendam Tourism Experience Swellendam Municipality - SWEMun

Address

Wagenweg Boutique Market, 23 Swellengrebel Street
Swellendam
6740

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:30
Tuesday 07:30 - 17:30
Wednesday 07:30 - 17:30
Thursday 07:30 - 17:30
Friday 07:30 - 17:30
Saturday 07:30 - 15:00

Telephone

+27760563165

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Biltong Boys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share