04/09/2026
Dag 243 â Bosvibes, kleiner jeans en gebreekte takke
Ek weet⊠Dag 243 het eintlik al ân rukkie gelede aangebreek. Ek het net nog nie kans gekry om dit neer te skryf nie.
Die lewe was die afgelope tyd ân bietjie van ân rollercoaster. Nie die rustige een waar jy glimlag en jou hande in die lug hou nie â meer die een waar jy half wonder of die mense wat die ding bestuur, self weet wat hulle doen. đ
En vir ân slag lyk dit vandag asof die wĂȘreld hier by Rustgevonden ook ân bietjie asemhaal.
Die lug is swaar en grys. Alles is droog en stowwerig en die bos lyk asof hy al lank wag.
Maar daar is iets in die lug.
Die belofte van die eerste lentereën.
Ek dink nie ân mens wat nie baie tyd in die bos deurbring, sal ooit heeltemal verstaan wat daardie eerste reĂ«n hier beteken nie. Dit is nie net water nie. Dit is ân verandering in die hele atmosfeer.
Die eerste druppels wat die warm, droĂ« grond tref. Daardie ongelooflike reuk van nat aarde wat opkom. Die stof wat gaan lĂȘ. Die bome wat binne ân paar dae begin verander. Die gras wat amper oornag groen word.
En skielik begin die bos weer lewe.
VoĂ«ls raak besiger. Insekte verskyn uit nĂȘrens. Die diere beweeg anders. Alles wat maande lank stil en droog gelyk het, herinner jou dat daar eintlik heeltyd lewe onder die oppervlak was.
Ek dink dis hoekom ek so lief is vir hierdie plek.
Die bos leer jou nogal baie van die lewe.
Dat droogte nie die einde beteken nie.
Dat stil tye nie beteken dat niks gebeur nie.
En dat, wanneer die tyd reg is, nuwe lewe sommer deur die kleinste krakie kan begin uitkom.
Soos⊠nuwe kleregroottes. đ
Want ja, dames en hereâŠ
14 kg is weg!đ”đ
Ek het amptelik in kleiner jeans begin rondloop.
Ek gaan nie voorgee hierdie reis was maklik nie. Dit was nie.
Daar is dae wat ek myself letterlik moet oorreed om aan te hou. Dae waar âgesonde leefstylâ vir my klink soos ân baie persoonlike aanval. Dae waar ek vir myself moet verduidelik dat nee, ek het nie eintlik ân broodjie *nodig* nie â ek wil net hĂȘ iemand moet my gelukkig maak.
En om elke dag weer die regte keuse te maak, raak soms nogal vermoeiend.
Maar ek hou aan.
Een dag op ân slag.
En toe begin daar klein goed gebeur.
Die jeans raak losser.
Die lyf verander.
En onlangs het ek selfs my eerste **spier** đïžââïžraakgesien.
Ek moes behoorlik stilstaan en kyk.
Ek was nie seker of dit ân spier was of net ân vreemde skaduwee nie.
En toe, een oggend, kyk ek in die spieĂ«lâŠ
en daar is ân **keel.**đđ
ân Regte keel....!*@ #
Ek was so lank gewoond aan my dubbelken dat ek vir ân paar sekondes glad nie geweet het wat aangaan nie. đ
Ek het amper iemand gaan vra wie se nek dit is.
Maar daar is hy.
My nek.
Ons maak vordering.
En terwyl ek stadigaan kleiner word, het sommige van ons ander inwoners gelukkig weer groter vordering gemaak.
Al die klein rescue-diertjies (en van die minder klein) is terug in die bos waar hulle hoort. Dit is seker een van die lekkerste dinge om te weet â dat hulle weer vry rondloop, hul eie ding doen en deel is van hierdie ongelooflike plek.
Maar natuurlikâŠ
hulle vergeet nie waar die kombuis is nie.
So nou en dan kom daar nog ân bekende gesiggie uit die bos om te kom inloer.
Net om seker te maak ek is nog hier.
En natuurlik om seker te maak ek maak nog snacks.
Want vryheid is wonderlik, maar ân mens kan tog nie heeltemal vergeet waar die roomys en lekkernye vandaan kom nie. đ
En dan, tussen al die chaos van die lewe, wil ek ook net ân oomblik vat om vir **Danie** dankie te sĂȘ.
Dankie vir my pragtige nuwe kar.
Maar veral dankie dat jy altyd na my kyk en altyd seker maak ek is okay. Vir die klein goed wat jy doen, die groot goed wat jy doen en vir die manier waarop jy altyd probeer om dinge vir my makliker te maak.
Ek waardeer jou.
So hier is ek op Dag 243.
Nie perfek nie.
Nie altyd gemotiveerd nie.
Nie klaar nie.
Maar 14 kg ligter, ân paar jeans kleiner, moontlik een spier ryker en blykbaar weer in besit van ân nek. đ
En ek sit hier in die bos en wag vir daardie eerste lentereën.
Want wanneer daardie eerste druppels uiteindelik val en die reuk van nat aarde deur Rustgevonden trek, weet ek die bos gaan weer verander.
En miskien is dit ân goeie herinnering vir my ook.
Dat dinge nie altyd vinnig verander nie.
Dat daar soms lang, droë seisoene is.
Maar dat daar altyd iets onder die oppervlak aangaan.
En wanneer die reën uiteindelik kom......begin alles weer van voor af leef.
Met Rustgevonden Liefde đżâ€ïž