River Meat Deli

River Meat Deli Corner Golden Highway and Ravel Road, Saspark Centre Vanderbijlpark

09/06/2026
Mooiste vadersdag geskenke beskikbaar💙  21 junie
06/06/2026

Mooiste vadersdag geskenke beskikbaar💙
21 junie

05/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 5 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Sjokolade Brownies

250 ml botter
250 g donker sjokolade
500 ml suiker
10 ml vanieljegeursel
5 groot eiers
90 ml kakaopoeier
180 ml koekmeel
2,5 ml sout

Smelt die botter en sjokolade in die mikrogolf. Klits die suiker en vanielje by die sjokolade. Klits die eiers een vir een by die mengsel
Sif die meel,kakao en sout by en klits goed. Gooi in ‘n gesmeerde bake n bak vir 20 tot 30 minute by 180C.Dit moet nog drillerig bo-op wees as jy dit uithaal. Laat afkoel en sny in blokkies. Eet saam met roomys of room.Ek maak my bruintjies warm as ons dit eet.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

04/06/2026

Baie geluk Willie Bronkhorst wat die maand se Vaal Mall Tyres - VMT & IFM Radio 102.2 FM se R1500 River Meat Deli koop bewys gewen het.

Skakel in op Dinsdae oggende om 11:15 saam Quentin Venter op IFM om deel te raak om te wen.

04/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 4 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Bruinhoender

8 hoenderporsies
Sout en peper
1 ui in ringe gesny
250 ml mayonaise
250 ml chutney
250 ml melk
1 pakkie sampioen, romerige hoender of wituiesop
sout en peper na smaak

Sny uie in ringetjies en plaas onder in ‘n oondbak. Plaas die hoenderporsies op die uie en sout en peper na smaak. Strooi die soppoeier oor die hoenderstukkies. Meng die res van die bestanddele en gooi oor die hoender. Maak dit toe met tinfoelie.
Bak dit vir 40 minute toe by 180'C en dan oop vir 20 minute by dieselfde temperatuur totdat die hoender mooi bruin is.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

03/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 3 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Tamatiesop

1 ui
3 knoffeltoontjies
30 ml olyfolie
30 ml komyn
4 hoender of groente ekstrak blokkies
750 ml kookwater
2 blikkies kersietamaties
1 blikkie tamatie puree
30 ml suiker
sout en peper na smaak
250 ml room

Sny die ui in ringetjie en kap die knoffel fyn. Braai die ui, knoffel en komyn in die olyfolie net tot glaserig. Los die 4 ekstrakblokkies in die kookwater op. Gooi nou al die res van die bestanddele behalwe die room by die uie in die pot. Kook vir 20 minute sonder deksel. Gebruik 'n voedselverwerker verpulp alles. Roer die room net voor opdiening by. Die sop is heerlik en kan met fyngekapte pietersielie, basiliekruidblare, bloukaas, feta of sommer net lekker brood bedien word.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer oulike resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

02/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 2 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Ertjiesop

1 pakkie (500 g) droë ertjies /split peas
2 liter water
2 wortels
4 aartappels
2 uie
30 ml bruinasyn
100 ml worcestersous
sout en peper
400g sopvleis (shin met murgbene)
1 klein gerookte eisbein of 1 pakkie gesnipperde bacon (dis opsioneel)
bietjie olie om die uie in te braai

Skil jou groente en sny in dobbelsteentjies. Sny jou uie in ringetjies en braai dit saam met jou vleis bruin in ‘n bietjie olie in ‘n lekker groot pot op die stoof. Sit nou die res van die bestandele in die pot en kook tot sag. Roer gereeld. As jy ‘n drukpot gebruik sal dit 60 minute neem. In ‘n gewone pot sal dit langer neem. Jy moet maar voel totdat dit sag is. Nou moet jy proe, proe, proe. Gooi nog sout, peper of worcestersous in na gelang van jou smaak. Haal die vleis uit en druk die groente fyn of gebruik ‘n versapper en versap die groente fyn. Sit die vleis terug in jou pot en geniet die ertjiesop.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

Wen Wen Wen!!!   met Quentin Venter en River Meat Deli!Like en deel hierdie post en tag die beste pa in die wêreld en jy...
01/06/2026

Wen Wen Wen!!! met Quentin Venter en River Meat Deli!

Like en deel hierdie post en tag die beste pa in die wêreld en jy staan 'n kans om 'n R500 koop bewys te wen!

B's & V's geld.

01/06/2026

Address

Vanderbijlpark

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:30
Tuesday 08:30 - 17:30
Wednesday 08:30 - 17:30
Thursday 08:30 - 17:30
Friday 08:00 - 18:00
Saturday 08:00 - 15:00
Sunday 08:00 - 13:00

Telephone

+27844963121

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when River Meat Deli posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to River Meat Deli:

Share

Category