23/10/2026
🍷 BOSMAN WYN AAND
DEEL 2: DIE STORIE SOM 🍷
Nie vir één sekonde bied ons ons dienste aan om jou kind wiskunde te leer nie. Maar ’n lekker storie som?
Dáár kan ons help. 😂
Lees die volgende aandagtig deur en beantwoord die vrae:
Daar is 70 mense by Heritage on Park, elkeen met baie tande en groot verwagtinge.
Tussen 18:00 en 22:00 word 72 bottels Bosman-wyn geskink en 490 porsies kos uit die kombuis gestuur.
Ja, julle lees reg: 70 × 7. Sewe gange.
Ons het ons werk gewys. 👨🍳
Gedurende dieselfde vier ure word daar baie foto’s geneem en só lekker gelag dat ons op ’n stadium gewonder het of die musiek nog aan is.
VRAAG 1:
As daar 70 mense en 72 bottels wyn is, wat is die verskil?
ANTWOORD:
Twee bottels. En ’n merkbare verbetering in almal se vermoë om vir ’n foto te pose.
VRAAG 2:
As 490 porsies in vier ure uitgestuur word, hoeveel tree het die waiters geloop?
ANTWOORD:
Ons weet nie. Ons FitBits werk nie meer nie.
VRAAG 3:
As almal gelyk gesels, lag en eet, hoe hard moet die musiek wees?
ANTWOORD:
Watter musiek? (Ons kon dit regtig nie meer hoor nie)
VRAAG 4:
Wat kry jy as jy goeie wyn, sewe gange kos en 70 lekker mense bymekaar tel?
ANTWOORD:
’n Aand wat ons nog lank gaan onthou. ❤️
Baie dankie aan Bosman Family Vineyards, elke gas en ons Heritage-span wat hierdie som so mooi laat uitwerk het.
Kyk mooi…daar is punte vir herkenning (tag jou tjommie), maar géén punte vir “my lipstick het nie halfpad deur die aand af gekom nie”. Ons het bewyse. 😉🍷
WildSisters Photography fansHeritage on ParkCindy Mac Nicol- KappAndre KappLynette Van AardeSuzane AucampAlma KwekeryGoldfields game ranchDe Rust Private Nature ReserveAney VermaasEmile VermaasIndependent Restaurant Guild FSSmokey Carwash and DetailingSara MartinsBosman HermanusJuan FerreiraBosman Family Vineyards