Weskus Straatkos

Weskus Straatkos Weskus Straatkos is 'n onderneming wat deur vroue gelei word en is trots daarop om slegs die varsste Straatkos in ons kos trokkies / sleepwaens voor te berei.

Ons doel is om teen die einde van die jaar 'n kossleepwa in elke Weskus-dorp te hê!

Ok julle hierdie is 'n ernstige versoek, ons / ek is opsoek na die Weskus Dans Paartjie van Dans Paartjies wat ons dansb...
10/07/2023

Ok julle hierdie is 'n ernstige versoek, ons / ek is opsoek na die Weskus Dans Paartjie van Dans Paartjies wat ons dansbaan kan open vir ons op die 25ste November met die "HOOFSEUN DANS". Ken jy iemand wat julle d**k hierdie spesifieke liedjie goed kan dans, as jy doen, asb asb laat weet my op 082 517 8694 maar as ek sê goed, dan bedoel ek goed want daar gaan 'n video van hulle gemaak word terwyl hulle dans. As jy van 'n Weskus paartjie weet, of miskien is dit jy en jou vrou of man self, skryf in asb. Die paartjie wat die Dans Baan gaan open daai aand, gaan 'forever' ge-immortilise word vir daai openings dans op ons webwerf, orals and for generations to come want hulle gaan bekend staan as die Weskus Jou Lekker Ding WESKUS Paartjie No. 1

Music video by Riaan Benadé performing Vat 'n Bietjie. © 2021 Coleske Artisthttp://vevo.ly/wtvntQ

Een Liefde 'designs' Hopefield. Flippen awesome. Kry joune vandag nog!
04/07/2023

Een Liefde 'designs' Hopefield. Flippen awesome. Kry joune vandag nog!

Hier is JULLE website en wees trots daarop want dit is ons ALMAL op die groep Weskus Jou Lekker Ding se website, ok, hoo...
25/05/2023

Hier is JULLE website en wees trots daarop want dit is ons ALMAL op die groep Weskus Jou Lekker Ding se website, ok, hoor julle my?

So wees trots om deel te wees van ons Afrikaanse Weskus beweging. 🤗🤗

Versprei hierdie 'website link' wyd en suid op julle private FB walls asb julle, ek vra mooi. Dit is: www.WeskusJouLekkerDing.co.za

Skuus vir die Engels so plek plek tussen in op die webwerf,, kan nie anders nie dis 'system' boodskappe, maar ek het probeer waar ek kan om alles in Afrikaans te vertaal! Trots Afrikaans Trots Weskus.

BESTEL ASB ASB JULLE KAARTJIES, DIT IS GRATIS MAAR JULLE MOET 'N GELDIGE KAARTJIE HÊ OM DIE BRAAIDAG BY TE WOON. KLIEK OP 'REGISTREER NOU' OP DIE TUISBLAD EN DANKIE. 🙏🙏

Ons skop die Weskus Jou Lekker Ding se jaarlikse BraaiDag hierdie jaar af 09:00am by River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR in Velddrif.

Philly cheesesteak eierrolletjiesBestanddele1 pond beesvleis1 eetlepel Worcestersous1/2 teelepel sout1/2 teelepel gemaal...
28/05/2022

Philly cheesesteak eierrolletjies

Bestanddele

1 pond beesvleis
1 eetlepel Worcestersous
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel gemaalde swartpeper
2 eetlepels botter
1 geel ui, gekap
1/2 groen soetrissie, gekap
24 eierrolletjies
12 snye Amerikaanse kaas
3/4 koppie groente-olie vir braai

Aanwysings

Verhit 'n pan oor medium hitte. Kook beesvleis, breek so min as moontlik uitmekaar tot bruin en steeds die grootte van ertjies, 5 tot 7 minute. Voeg Worcestersous, sout en peper by. Roer liggies en verwyder mengsel uit pan.

Smelt botter in die pan. Voeg ui en soetrissie by; kook en roer tot bruin, 5 tot 7 minute. Plaas beesvleismengsel terug in die pan en roer om te kombineer. Laat vulsel afkoel terwyl die omhulsels voorberei word.

Plaas eierrolletjies op 'n plat oppervlak. Plaas 1/2 sny Amerikaanse kaas op elkeen. Voeg 3 eetlepels van die vulsel bo-op elke eierrolletjie. Trek die onderste linkerhoek oor die vulsel en vou die twee kante in, bevogtig rande met water soos jy aangaan; rol styf.

Verhit sowat 1 duim olie in 'n groot kastrol oor medium-hoë hitte. Voeg 3 tot 4 eierrolletjies op 'n slag by en braai tot bruin, 3 tot 4 minute. Herhaal met oorblywende eierrolletjies.

Smoor SteakBestanddele1 groot ui, geskil, gehalveer en in dun skywe gesny sout en pepe1 pakkie sampioene1 kg beesvleis1 ...
24/05/2022

Smoor Steak

Bestanddele

1 groot ui, geskil, gehalveer en in dun skywe gesny sout en pepe
1 pakkie sampioene
1 kg beesvleis
1 eetlepel botter
1 eetlepel groente-olie

Diep lekker op Mash!

12/05/2022
As die Chêf sê die ete van die dag is klaar en ek mag bietjie kry om te fyn proef, aaaah, Kerrie Afval. Wat 'n bederfie ...
06/05/2022

As die Chêf sê die ete van die dag is klaar en ek mag bietjie kry om te fyn proef, aaaah, Kerrie Afval. Wat 'n bederfie so vroeg more. Dankie Chêf, dit proe uit die boonste gestoeltes. Porky's Deli is jy reg vir jou bestelling Rocko? 😆??

Ons Aandetes begin nou op te tel daagliks. More se aandete waarvan ons al heelwat bestellings voor het is ons immer gewi...
05/05/2022

Ons Aandetes begin nou op te tel daagliks. More se aandete waarvan ons al heelwat bestellings voor het is ons immer gewilde Kerrie Afval. Bitter gewild veral onder ons manlike kliente.

Wie't gesê 'n 'Toastie' moet droog wees en kry net altyd ham op?  Wanneer mens gebore is met die 'swagg' dan lyk jou toa...
04/05/2022

Wie't gesê 'n 'Toastie' moet droog wees en kry net altyd ham op? Wanneer mens gebore is met die 'swagg' dan lyk jou toasted sandwich so! 🤣🤣🥰

En dan vra 'Vegetarians' ons nog, hoekom eet jy vleis? Chuck Roast in 'slow cooker'! Ai man, kom ons los dit eerder net ...
04/05/2022

En dan vra 'Vegetarians' ons nog, hoekom eet jy vleis? Chuck Roast in 'slow cooker'! Ai man, kom ons los dit eerder net daar, enough said mos, voor die Vegetarieërs of Vegans ons op die kop slaan met 'n koekeroller! 😇😘

Address

24 Heuningklip Street
Vredenburg
7380

Opening Hours

Monday 09:00 - 19:00
Tuesday 09:00 - 19:00
Wednesday 09:00 - 19:00
Thursday 09:00 - 19:00
Friday 09:00 - 19:00
Saturday 09:00 - 19:00

Telephone

+27221250036

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Weskus Straatkos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Weskus Straatkos:

Share