22/12/2025
𝑭𝒆𝒆𝒔𝒈𝒓𝒐𝒆𝒕𝒆 – 𝑽𝒂𝒏 𝑶𝒏𝒔 𝑭𝒂𝒎𝒊𝒍𝒊𝒆 𝒏𝒂 𝑱𝒖𝒍𝒍𝒆 𝑺’𝒏
Soos die jaar tot ’n einde kom, wil ons graag ’n opregte dankie sê aan elkeen van julle vir die ongelooflike ondersteuning aan Rudi’s.
Ons wens vir almal ’n geseënde Kersfees toe, saam met geliefdes, familie en vriende – en natuurlik om ’n feestafel met lekker, eg Suid-Afrikaanse kos.
Ons wens julle ook alles van die beste toe vir 2026. Mag dit ’n voorspoedige en suksesvolle jaar wees. Indien julle op pad is na jul vakansiebestemmings, ry asseblief verantwoordelik, veilig en kom veilig daar aan.
Ons sien met groot opgewondenheid uit na 2026 by Rudi’s, met heerlike nuwe produkte wat op pad is, asook nuwe resepte, kosverwante idees, sosiale media plasings en nog baie meer.
Al bestaan die Rudi’s kosprodukte-reeks al vir baie jare en is ons trots op ons lewenslange kliënte, was hierdie jaar ’n besonderse mylpaal vir ons. Op 7 September het ons vir die eerste keer ons sosiale media bladsy bekendgestel. Die interaksie en ondersteuning was ongelooflik – baie dankie daarvoor.
In net vier maande het ons 719 volgelinge en 287 bladsy-“likes” gekry. Ons bladsy, plasings en video’s het altesaam 85 300 mense bereik, met meer as 2 100 kommentare en gesprekke, en ons beste plasing het 14 600 mense bereik.
Ons sien baie uit na 2026 en nooi julle om ons bladsy dop te hou gedurende die vakansietyd, want ons gaan steeds van Rudi se gunsteling braai- en vakansiegeregte met julle deel om saam met familie en vriende te geniet.
Geniet die Kersfees en die Nuwe Jaar. Mag 2026 vir julle geseënd, veilig en voorspoedig wees.
Groete en liefde,
𝐑𝐮𝐝𝐢